Ek sal weer โ€˜n loflied sing (Afrikaans Edition)

Wanneer’n vrou alleen oorbly nadat ‘n grusame motorongeluk al haar gesinslede van haar weggeskeur het, vra sy baie vrae.
In hierdie boek vertel Karen Swanepoel van haar grootste verlies en diepste seer en die pad wat sy gestap het na genesing en aanvaarding.
Alleen met God se genade en haar ouers, familie en vriende se ondersteuning het sy gekom waar sy vandag is.
“Ek wil getuig van die hoop wat in my leef. Ek wil, deur my lewensverhaal te vertel, ‘n inspirasie wees vir ander wat hul eie pynpad stap, sodat hulle kan weet en kan glo – Jy kรกn weer ‘n loflied sing.”